Ons Wapen
 

Posbus 273, GRAHAMSTAD, 6140

Tel.: 046 6223322

Faks.: 046 6223474

Epos: pjolivier@imaginet.co.za

 

 

 

Gasvryheidstudies is ‘n interessante vak wat ‘n wye spektrum van die gasvryheidsbedryf dek.  Leerders leer in die drie jaar (graad 10 – 12) van alle fasette van die voedselbedryf.  Hul leer oor die voorbereiding van voedsel, bestuur van hotelle en restaurante, kosteberekening van resepte en funksies en vele meer.

 

Daar word weeklikse praktiese lesse aangebied waartydens die leerders geregte voorberei wat hul in die teorieklas van geleer het. 

 

Die lekkerste van die vak is dat daar gereeld ‘n restaurant-aand hou waartydens genooides kom weglê aan puik cuisine.  Die spyskaart wissel van ‘n viergang tot ‘n sesgang maaltyd.

 

Voedsel word voorberei deur ‘n deel van die groep wat as sjefs optree vir die aand. Leerders geniet dit opreg en kry goeie blootstelling aan die praktiese sy van die bedryf.